Van Allen-gordel

’n Deursnee van die Van Allen-gordels.

’n Van Allen-gordel is ’n streek met energieke, gelaaide deeltjies waarvan die meeste uit die sonwind ontstaan en deur die Aarde se magneetveld vasgevang word. Die Aarde het twee sulke stralingsgordels, en soms word nog tydelik geskep. Om ander planete kom soortgelyke gordels voor. Die ontdekking van die gordels word aan die Amerikaanse ruimtewetenskaplike James van Allen toegeskryf.

Die Aarde se twee hoofgordels strek van ’n hoogte van sowat 640 tot 58 000 km[1] bo die oppervlak waar stralingsvlakke wissel. Die meeste deeltjies wat die gordels vorm, kom vermoedelik van die sonwind af en ander van kosmiese strale.[2] Deur die sonwind vas te vang keer die magneetveld dié energieke deeltjies weg en voorkom dat die atmosfeer vernietig word.

Die gordels kom voor in die binneste streek van die Aarde as magnetosfeer. Hulle vang energieke elektrone en protone vas. Ander kerns, soos alfadeeltjies, kom minder voor. Die gordels hou gevaar in vir satelliete, waarvan die sensitiewe dele beskerm moet word as hulle ’n aansienlike tyd naby dié streek deurbring.

In 2013 het Nasa aangekondig die Van Allen-ruimtetuie het ’n kortstondige, derde gordel ontdek wat vier weke lank waargeneem is voordat dit deur ’n kragtige interplanetêre skokgolf van die Son af vernietig is.[3]

  1. Zell, Holly (12 Februarie 2015). "Van Allen Probes Spot an Impenetrable Barrier in Space". Nasa/Goddard Space Flight Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 4 Junie 2017.
  2. "Van Allen Radiation Belts". HowStuffWorks (in Engels). Silver Spring, MD: Discovery Communications. 23 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2019. Besoek op 5 Junie 2011.
  3. Phillips, Tony, red. (28 Februarie 2013). "Van Allen Probes Discover a New Radiation Belt". Science@NASA (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019. Besoek op 5 April 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy